Search

Awesome Sparkles

Leave a Little Sparkle Wherever You Go!

Month

December 2015

Bitter

Die waarheid is ñ bitter pil
Die onrein van ñ versondigde siel
Net hier in die stilste stil
Is die hart van my, erg verniel

Swart…pik giet swart
Soos ñ berg op my skouers
Is die hart van my hart
So wees…sonder ouers

Verby dit, is onmoontlik
Laag op laag van donker pyn
Om dit, is nie wesenlik
Verdagte lafaard op die lyn

Om te vergewe is die gawe van gawes
Om te vergewe is ñ geskenk
Ons los dit vir die goeie brawes
Ons is te hardkoppig en geskend

Spierwit…witter as die witste wit
Trane om dit weg te was
Bitter in vergifnis omgesit
Niks onthou…sonder ñ las

Helaas, te laat om op te maak
Die bitter spyt is altyd laat
In vervolg moet ons maar waak
Teen die diep en koue, donker haat

En tog, al maak ons alles heel
Met sagte beloftes en voornemens
Om alles uit die punte mee te deel
Is een gedagte wat ek wens

Dat geskiedenis homself nie sal herhaal
Bloot vir ons om weer te faal

Advertisements

My hart, my lied

Dis 2:00 en ek kan nie slaap
Gedagtes draai om en om
Ek lê en dink aan die Kaap
Die gedagte is net plein dom

Want ek is lief vir jou en net vir jou
Die hartbreek moeilik om te hanteer
Al wat ek voel is jou arms wat my toevou
En ek is verlore…ek verloor beheer

Ek verlang my dood na die ou dae
Toe ons nog saam in die bad kon sit
Toe jy nog na my gekyk het verslae
Toe ons net ons was…net dit

Nou is niks dieselfde, alles is anders
Ek kan jou nie meer sien
Ek verdrink soos onder branders
Ons het beter as dit verdien

Vat my asseblief terug na die ou ons
Toe jy nog uit jou maag kon lag
Ek verlang my dood na die ou ons
En alles wat ons sou kon vermag

Ek mis jou glimlag en jou opgerolde broek
Ek verlang na jou wit hemp en liefdestaal
Ek wens ek kon al die tyd tussen in kroek
Ek wens ek kon die verlore tyd weer inhaal

As jy sou sê jy het my lief
En dis net ek, die enigste vrou
Sal ek die maan vir jou dief
Ek sal jou sag en lief vertrou

Dis seker te laat vir jammer
En die bitter was alles verniet
Maar spyt is ñ harde hammer
En dis dieselfde met verdriet

So hoor my hart en hoor my lied
Ek het jou inniglik en waarlik lief
Ek wens net dat ek jou meer kon bied
Ek wens heel meeste ek was minder stief

Met dit gesê en water onder die brug
Al die water wat loop deur die see
Wil ek jou net voel hier agter my rug
En hoor wat deel jou hart my mee

So hoor my hart en hoor my lied
Ek het jou inniglik en waarlik lief…

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: